Namibië se damme 85% vol

Namibië se damvlakke staan tans op ‘n totaal van 85 persent. Volgens NamWater se dambulletin is die sentrale streek se damme 85,7 persent vol met die Swakoppoortdam op 94,9 persent en Von Bachdam op 73.2 persent. Die damme in die Suide is gesamentlik 90,3 persent vol met die Neckartaldam op 98,6 persent en die Nautedam op 98,9 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 38,5 persent vol.