Lyk in dinosourus-beeld gevind

Die lyk van ‘n 39-jarige man is in ‘n papier-maché-beeld van ‘n stegosourus-dinosourus in Barcelona in Spanje gevind. Volgens internasionale media het ‘n pa en sy seun letterlik snuf in die neus gekry en die lyk deur ‘n gleuf in die beeld gewaar. Volgens internasionale media blyk dit die man het daar vasgesit.