Namibië posisioneer homself oor groenwaterstof

Individue, gemeenskappe, die burgerlike samelewing, besighede en regerings regoor die wêreld het Wêreldomgewingsdag gevier onder die tema #OnlyOneEarth, met amptelike vieringe wat in Stockholm en gasheerland Swede gehou is met ‘n verbod op die uitreiking van nuwe lisensies vir die ontginning van steenkool, olie en natuurlike gas vanaf 1 Julie vanjaar om mense en die planeet te beskerm. As deel van die vieringe het jong wêreldleiers mekaar betrek om te fokus op die versterking van die jeug vir groenwaterstof. Die tegniese adviseur oor groenwaterstof van die ministerie van myne en energie, Frans Kalenga het aan hierdie virtuele gesprekke deelgeneem en gepraat oor hoe Namibië homself posisioneer.

Hy het ook gepraat oor die groot aantal werklose gegradueerdes in Namibië en hoop dat die groenwaterstof-projekte die antwoord sal wees.