Produksie en verpakking van Nammilk se langlewe-melk keer terug na Windhoek

Namibia Dairies, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List Groep, het aangekondig dat hy vanaf Junie die produksie en verpakking van sy Nammilk volroom en laevet langlewe- melk van Suid-Afrika na sy plaaslike Avis-fabriek in Windhoek verskuif. Namibia Dairies se besturende direkteur Leonie Prinsloo het gesê dat die besluit om produksie van sy langlewe-melk in November 2020 aan Suid-Afrika uit te kontrakteer, hoofsaaklik te wyte was aan die vermindering in die plaaslike rou melkvoorraad wat die onderneming genoop het om die tekort aan te vul.