Namibië het nou 925 aktiewe Covid-gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 113 nuwe Covid-gevalle uit 1 616 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van sewe persent verteenwoordig. In die groep is nege gesondheidswerkers, en vier elk studente en leerders van verskillende skole. Daar is nou 925 aktiewe gevalle, waarvan 28 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 319 080 persone is ten volle ingeënt.