Nuwe Napha-president reageer op Britse verbod op invoer van jagtrofeë

Britse jagters staar ‘n totale verbod in die gesig om hul jagtrofeë in te voer. Britse ministers gaan volgens berigte na verwagting vandeesweek ‘n totale verbod teen die invoer van jagtrofeë aankondig. Sedert 2019 is 300 jagtrofeë na Brittanje verskeep. Axel Cramer, die nuwe president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, verwerp die verbod en beskou die implementering daarvan as neo-kolonialisme.