DA: Grondonteiening sonder vergoeding sal nie twee-derde meerderheid kry

Die Demokratiese Alliansie sê hy is vol vertroue dat die agtiende wysgingswetsontwerp van die Grondwet, wat grondonteiening sonder vergoeding ten doel het – nié ‘n twee-derde meerderheid stem in die Nasionale Vergadering sal kry nie. Die wetsontwerp word vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê nadat die ad hoc-komitee dit in September aanvaar het. Die leier van die DA, John Steenhuisen sê die party is gereed vir regstappe indien die wetgewing deurgevoer word. Hy sê die wysigings maak inbreuk op mense se regte wat in hoofstuk een van die Grondwet beskerm word.