Namibië en dwelms: Oud-dwelmhoof waarsku reeds jare

Die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid reageer op die 29-jarige Namibiese vrou wat oor die naweek by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is met 3,1 kilogram heroïen ter waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar in haar besit. Sy was op pad na Addis Abeba en dan na Indië. Die vrou sal na verwagting môre in die hof verskyn. Kommissaris Hermie van Zyl waarsku al reeds vir jare dat Namibië sy grense moet versterk omdat Namibië die risiko loop om ‘n transito land vir dwelms te word.