Namibië bied vierde Afrika Jeug in Toerismeberaad in Julie aan

Namibië het die bod vir die vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad gewen om dit vanaf 27 tot 29 Julie aan te bied. Die beraad is vanmiddag amptelik op Swakopmund bekendgestel. Dit sal in samewerking met die Wêreld Toerisme-organisasie en Afrika Toerisme-vennote aangebied word en deur 500 afgevaardigdes en sowat 1 000 aanlyn-afgevaardigdes bygewoon word. Dit dien as ‘n Pan-Afrika platform vir jeug en nuwe besighede in die toerisme-sektor. Fillon !Gao!Gaseb, hooftoerismebeampte in die Namibiese toerisme-ministerie praat met Kosmos 94.1 Nuus.