Jonges steel glo 10 sakke mieliemeel by skool

Tien sakke mieliemeel van 12,5 kilogram elk wat geoormerk is vir die Gekombineerde Skool Halili in die Halili-nedersetting se skole-voedingsprogram, is by die skool gesteel. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die verdagtes toegang tot die stoorkamer deur ‘n venster verkry. Ses verdagtes in die ouderdomme tussen 15 en 21 jaar, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die minderjariges is op waarskuwing in die sorg van hul voogde vrygelaat en sou vandag in die landdroshof op Rundu verskyn het.