Namibian Marshall Rangers sê onlangse veldbrande het verwoesting gesaai

Namibian Marshall Ranger Sean Naude sê die verwoestende veldbrand wat by die Osona-weermagbasis naby Okahandja op 23 November ontstaan het, het 280 000 hektaar op 55 plase afgebrand voor dit op 4 Desember in die omgewing van Seeis geblus is. Die veldbrand by Omitara het ook gelei tot reuse-verliese aan weiding, wild, heinings en windpompe. Naude, wat al jare lank veldbrande bestry, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie veldbrande was verskriklik en verwoestend.