Iata doen beroep op regerings om reisverbod onmiddelik op te hef

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, Iata, het ‘n beroep op regerings gedoen om die Wêreldgesondheidsorganisasie, die WGO, se aanbevelings te volg en onmiddellik die reisverbod op te hef wat in reaksie op die Covid-19 Omikron-variant ingestel is. Volgens die WGO gaan die reisverbod nie die wêreldwye verspreiding van Omikron keer nie. Willie Walsh, direkteur-generaal van Iata, is aan die woord.