President Geingob lei laaste kabinetsitting van 2021

Namibiese President Hage Geingob het vandag die laaste kabinetsvergadering van 2021 by Staatshuis gelei. Hy het gesê die kabinet het sterk gestaan in ‘n uiters moeilike jaar en op verskeie krisisse gereageer. Hy het die kabinetslede en voorstelinie-werkers bedank in die stryd teen Covid-19.