Afrika word as pion deur Rusland gebruik

Tendai Biti, die adjunkleier van die Citizen’s Coalition for Change-opposisieparty in Zimbabwe, sê dit is kommerwekkend dat Afrika as pion gebruik word deur Rusland in sy oorlog met die Oekraïne. Biti het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die besoek deur Belarus President Alexander Lukashenko die week aan President Emmerson Mnangagwa.