Namcor ondersteun Namibië by COP27

Namcor het 150 000 Namibiese dollar aan die omgewingsministerie geskenk om Namibië se deelname aan die COP27 Klimaatberaad te ondersteun. Die beraad vind tussen 6 en 18 November in Sharm El-Sheikh in Egipte plaas. Namibië stuur ‘n lywige afvaardiging na die beraad wat insluit verteenwoordigers van die kantoor van die president, die ministeries van die omgewing, landbou, myne en energie, internasionale betrekkinge, stedelike en landelike ontwikkeling en finansies insluit. Daarbenewens is daar ook afgevaardigdes van die Nasionale Beplanningskommissie, die Omgewingsbeleggingsfonds, NamWater, NamPower, die Ontwikkelingsbank van Namibië en die privaatsektor. Paulo Coelho, die woordvoerder by Namcor, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die maatskappy is trots daarop om Namibië by die Klimaatberaad te ondersteun.