COPE vra ondersoek na Kantoor van Openbare Beskermer

COPE doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa en die minister van finansies, Enoch Godongwana, om ‘n forensiese ondersoek in te stel na die finansiële uitgawes van die Kantoor van die Openbare Beskermer. Die party se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Busisiwe Mkhwebane is ‘n ernstige las op die land. Volgens Bloem het die kantoor ‘n kitsbank vir sommige regsverteenwoordigers geword wat miljoene rande daaruit verdien.