Twee Namibiese sokkerspelers ding vandag mee om MTN8-trofee

Sokker: Die eThekwini-munisipaliteit sê sowat 74 000 besoekers het op die stad toegesak vir vandag se MTN8-bekereindstryd. AmaZulu meet kragte met Orlando Pirates in die Moses Mabhida-stadion in Durban vir prysgeld van 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Twee Namibiese spelers, Deon Hotto vir Orlando Pirates en Riaan Hanamub vir AmaZulu, kom teen mekaar te staan. Die afskoptyd is sesuur vanaand. Kaartjies vir die wedstryd is binne twee dae uitverkoop. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê die geraamde regstreekse besteding van besoekers is sowat 10,7 miljoen rand.