Namcor eis inentings of PCR-toets vir werknemers

Die Namibiese petroleum-maatskappy Namcor vereis dat oningeënte personeel weekliks ‘n negatiewe PCR-toets moet toon om toegang tot die gebou te verkry. Die toets sal vir die personeellid se eie rekening wees. Sou oningeënte personeel nie so ‘n toets kan verskaf nie, moet hulle die gebou verlaat en sou hulle meer as twee dae van die werk af weg wees sal dissiplinêre aksie geneem word. Paulo Coelho, Namcor se bestuurder vir kommunikasie, sê alle pogings is aangewend om personeel te laat inent…