Reaksie oor voëlgriep as moontlike oorsaak van vrektes aan die kus

Reaksie word ontvang op berigte dat daar kommer is dat die voëlvrektes aan die kus moontlik as gevolg van voëlgriep kan wees. Die kantoor van die staatsveearts aan die kus het reeds monsters geneem en toetse word op die oomblik uitgevoer. Die voorsitter van die Namibiese Pluimvee-vereniging Rene Werner sê daar is gereeld aan die Suidkus voëlgriep maar, dit sal groot verwoesting saai as dit in die binneland versprei.