Nama Khoi-jeug betoog teen groen waterstof-projek

Nama Khoi Produksies en die Nama Khoi Jeug-gemeenskap van Sanddrift in die Richtersveld-munisipaliteit in die Noord-Kaap, sê hulle sal nie die Boegoebaai groen waterstof-projek ondersteun nie, aangesien hulle nie geraadpleeg is nie. Hulle hou vandag ‘n betoging voor Alexanderbaai se saal om die projek teen te staan. Die inheemse groepe sê hulle wil geraadpleeg en ingesluit word by alle projekte wat in en om hul gemeenskap en op die Nama Khoi-mense se grond beplan word.