Eer is op die spel by derby tussen Wanderers en United

Die gewilde jaarlikse derby vind vandag tussen FNB Wanderers en Trustco United in Windhoek plaas. Die krieket-, netbal- en Knobelspanne spook sake by die Trustco United-sportvelde in Olympia uit, waarna die rugbyspanne mekaar takel. Die rugbyspanne se reserwe-liga skop vanmiddag om twee-uur af en die premier-liga daarna.