DRK herdenk sy onafhanlikheidsheld

Die kis van die Demokratiese Republiek van Kongo se eerste premier na onafhanklikwording, Patrice Lumumba, het in Kisangani aangekom. Die herdenkings-pelgrimstog het in sy tuisdorp, Onalua begin. Offisiere van die voormalige Belgiese Kongo het Lumumba in Januarie 1961 tereggestel. ʼn Polisiebeampte van die Belgiese Kongo het sy enigste oorskot, ʼn tand, as ʼn aandenking gehou. Dit is uiteindelik dié week aan lede van Lumumba se familie oorhandig. Lumumba word op 30 Junie in Kinshasa begrawe.