Naelskraapse oorwinning vir Fidjiana oor Bok-vroue

Rugby: ‘n Verdoelde drie knap voor rustyd en nog ʼn doel in die doodsnikke van die wedstryd het die Fidjiana in staat gestel om keer op keer terug te veg, ondanks ʼn strafdoel in die laaste minuut deur die Springbok Vroue. Fidji het Suid-Afrika vroeër vandag met 21-17 in hul Rugby Wêreldbeker-wedstryd in Auckland, Nieu-Seeland, geklop. Die vroue van Fidji het drie verdoelde drieë aangeteken teenoor twee deur die Bokke. Die geleerde skopskoen van losskakel, Libbie Janse van Rensburg, het die Bok-vroue deurgaans in die wedstryd gehou.