Namibiese vroue floreer in landbousektor

Terwyl vroue hulself stadigaan in die gewoonlik manlik-gedomineerde landbousektor vestig, is daar vandag ‘n hele klomp vroue in die landbou-sektor in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Anette Steyn, ‘n Namibiese stoetboer, gesels. Steyn sê haar boerdery- en landbou-agtergrond het op ‘n baie jong ouderdom begin en in daardie tyd was boerdery ‘n man se werk. Sy moedig meisies aan om hul drome te volg sou hulle graag boere wil wees.