Schlettwein: Afrikalande moet infrastruktuur gereed hê om waterrampe te voorkom

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, het tydens die opening van die 13de Gewone Sitting van die Uitvoerende Komitee van die Raad op Water van die Beheerraad van Afrika-ministers in Windhoek, gevra vir beter stelsels en strukturele insette om die omvang van skade wat deur waterverwante natuurrampe veroorsaak word, te voorkom. Schlettwein sê die wêreld herstel nog van die Covid-pandemie, en die oorlog tussen Oekraïne en Rusland het verdere onsekerheid in die geopolitieke landskap meegebring met skerp stygings in voedsel-, brandstof- en kommoditeitspryse. Boonop was 2022 ‘n jaar waarin ons klimaatsverandering en sy verwoestende waterverwante rampe moes hanteer wat elke uithoek van die vasteland geteister het.