NAC monitor brandstofsituasie by OR Tambo

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het gereageer op die huidige brandstoftekort by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Die brandstoftekort het sommige lugrederye gedwing om hul vlugte te vertraag of vermoë te verminder, en is veroorsaak deur die agterstand met die verskaffing van ingevoerde stralerbrandstof via Durban se hawe. Dit is die gevolg van die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal. Die lughawensmaatskappy se skakelbeampte, Dan Kamati, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die situasie gemonitor word.