NABTA probeer taxi-bestuurs én passasiers bystaan

Die nasionale sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, bekend as NABTA, Pendapala Nakathingo, sê hulle het reiskoepons ingestel vir taxi-passasiers. Hy sê iets moet gedoen word om die taxi-bestuurders en hul passasiers by te staan. Nakathingo sê nie een van NABTA se verskeie pogings om met die regering te onderhandel oor ‘n moontlike oplossing rakende die konstante styging in brandstofpryse, was suksesvol nie. Nakathingo sê aan Kosmos 94.1 Nuus passasiers en taxi-bestuurders sal baat by dié reiskoepons.

Nakathingo sê ook waar passasiers hierdie reiskoepons kan kry.

Daar word ‘n beroep op taxi-bestuurders gedoen om te registreer vir hierdie voordele.