SA sportgemeenskap sien uit na vol stadions

Rugby: Die sportgemeenskap in die buurland het die nuus verwelkom oor die herroeping van die beperking op toeskouer-getalle by openbare geleenthede. Die Springbok-stut, Trevor Nyakane, sê hy kan nie wag om weer in ‘n volgepakte stadion te speel nie. Hy is deel van die nasionale span wat voorberei vir volgende maand se tuisreeks van drie toetse teen Wallis, sowel as die Rugby-kampioenskapstoetse later vanjaar teen Nieu-Seeland en Argentinië in Suid-Afrika.