Duitse regering gee lening van N$2,7 miljard aan verskeie Namibiese projekte

Die Namibiese ministerie van finansies en die Duitse regering het ‘n leningsooreenkoms van 2,7 miljard Namibiese dollar onderteken wat gemik is op die finansiering van projekte op die gebied van klein en medium ondernemings, die ontwikkeling van water-infrastruktuur en die sektor vir hernubare energie. Die ooreenkoms is onderteken deur die minister van finansies Ipumbu Shiimi en die Duitse ambassadeur in Namibië, Herbret Beck. Nampost sal die mikro-finansiering-sakeprogram hanteer, terwyl die hernubare energie die wind-aanlegprojek op Rosh Pinah sal wees wat 40 megawatt energie vir Namibië sal produseer. Die woordvoerder van die ministerie van finansies, Wilson Shikoto, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.