N$1,5 miljard se skade aan Israelse landbousektor

Israelse owerhede sê aardverhitting het verlede jaar om en by 1,5-miljard Namibiese dollar se skade aan dié land se landbousektor aangerig. Die Israelse Versekeringsfonds vir Nasionale Risiko’s in Landbou sê in ‘n verslag vrugte is die swaarste getref, veral somervrugte soos perskes, nektariens en pruime. Die rede is die warmer as gewoonlik winter wat gekeer het dat die vrugte behoorlik ontwikkel. Media berig landbouversekeraars het verlede jaar sowat 11 000 eise vir skade aan gewasse ontvang.