Covid veroorsaak teenliggaampies wat jou liggaam aanval

Die jongste navorsing oor die eerste variante van Covid, Alpha en Beta, toon dat pasiënte wat herstel het, verhoogde vlakke van teenliggaampies het wat weefsel en organe kan aanval. Die teenliggaampies word outo-teenliggaampies genoem omdat hulle kroniese inflammasie kan veroorsaak, sowel as skade aan gewrigte en selfs die senustelsel kan aanrig. Navorsers van die Cedars-Sinai Smidt-hartinstituut in Los Angeles het 177 gesondheidwerkers wat van Covid herstel het, voor die inenting beskikbaar was, in die studie gebruik. Dit is nie bekend hoe lank die vlakke van die teenliggaampies so hoog sal bly nie maar, dit dra by tot lang Covid.