N$1,5 miljard om banke, OTM’s na onluste te herstel

Die Bankvereniging van Suid-Afrika sê die herstel van skade aan banke en kitsbanke weens die geweld in Julie word op bykans 1,5 miljard Suid-Afrikaanse rand geraam. Die vereniging sê banke werk steeds aan planne om die infrastruktuur in Gauteng en KwaZulu-Natal te herstel. Vier-honderd kitsbanke en 269 banktakke is beskadig of vernietig. Dit sal ‘n rukkie neem om die infrastruktuur volledig te herstel, en banke moedig kliënte aan om van digitale bankplatforms gebruik te maak. Banke het ook besonderhede verskaf rakende verligting wat hulle aan ondernemings en kliënte kan bied na afloop van die skade en plundering.