Vrouedag in SA: Afrika-vroue het spesiale verbintenis

Die bekroonde natuurlewe-rolprentmaker van National Geographic, Beverly Joubert, sê Afrika se vroue het ‘n spesiale verbintenis. Sy en haar man, Dereck, het gesogte dokumentêre rolprente vervaardig vanaf hulle basis in Botswana. Beverly is in Maart 2017 ernstig beseer in ‘n buffel-aanval in die Okavango-delta. Sy het aan Pat Mitchell se reeks Dangerous Women op Fintech TV gesê terwyl sy in daardie moeilike maande in die hospitaal gelê het, het sy kans gekry om met die vroulike verpleegkundiges te praat en hulle stories te verstaan: