Namibië sal warmer raak as gemiddelde

Die impak van klimaatsverandering is volgens kenners baie duidelik met brande wat woed in die VSA, Siberië, Griekeland en Turkye kort op die hakke van die erge vloede wat Duitsland onlangs ervaar het. Kenners is dit eens dat stygende temperature verantwoordelik is vir die onvoorspelbare natuurverskynsels. Intussen word daar beraam dat vir elke 0,5 grade Celsius wat die wêreld se temperatuur sal styg, sal Namibië tot 1 graad warmer raak. Dr. Simon Angombe dekaan by Unam se landboufakulteit sê dat indien die 1,5 graad-verhoging ervaar word sal Namibië ‘n groter verhoging beleef. Dit sal veroorsaak dat klimaat al hoe meer onvoorspelbaar raak en behoort ook ‘n wesenlike impak op landbou te hê, veral akkerbou. Lewendehawe produksie sal met 20 persent afneem met ‘n styging van 1,5 grade en tot 50 persent sou temperatuur met 3 grade styg.