N$10m-dagvaardiging teen TransNamib is terug op die rol

Die saak waar Leon Barnard-argitekte TransNamib vir net meer as 10,5 miljoen Namibiese dollar dagvaar is vandag weer voor regter Orben Sibeya in die hoërhof nadat arbitrasie, sowel as ‘n skikking, tussen die twee partye misluk het. Die aansoeker sê hy het tussen Augustus 2017 en April 2019, soos ooreengekom, verskeie dienste aan TransNamib gelewer. Fakture ter waarde van net meer as 8,4 miljoen dollar is uitgereik maar is nooit betaal nie. Die totale eis van net meer as 10,5 miljoen dollar sluit rente in vanaf Augustus 2017 tot April 2019. TransNamib het verdediging aangeteken. Die partye vra die hof om die saak weer terug op die rol te plaas sodat die saak verhoor kan word.