Binnelandse sake, VN staan werklose gegradueerdes by

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake, in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram het ‘n program ontwikkel om werklose nagraadse studente by te staan met opleiding en ondervinding om dit makliker te maak vir hulle om werk te kry. Na die opleiding van drie maande word ‘n sertifikaat aan gegradueerdes toegeken en vanmiddag om twee-uur ontvang die eerste groep hulle sertifikate. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.