Stad Whk: Chaos duur voort, IPC dreig met dringende hofaansoek

Dit blyk asof die chaos by die Windhoek Stadsraad net nie wil gaan lê nie. Daar is môre ‘n spesiale raadsvergadering neergelê om moontlik ‘n mosie van wantroue in die bestuurskomitee, wat deur die IPC-party gedomineer word, deur te voer. Die party se regsverteenwoordigers het reeds ‘n brief aan die burgemeester Sade Gawanas gestuur om die vergadering te kanselleer of die party sal hom aan die hof wend met ‘n dringende aansoek. Die IPC se woordvoerder Imms Nashinge…