N/a’an ku sê kry tussentydse bevel om REST-voëls te versorg

N/a’an ku sê het in die hoërhof daarin geslaag om besit te neem van verskeie voëls, sommige bedreig, van die Rare and Endangered Species Trust. Die trust het sy bedrywighede op 20 Oktober vanjaar afgesluit en die voëls aan N/a’an ku sê geskenk maar die lynminister wou nie ‘n permit vir vervoer gee nie. Regter George Coleman het beslis dat die diere na N/a’an ku sê vervoer mag word en daar versorg mag word tot sy finale bevel op 9 Maart volgende jaar. In sy stukke het N/a’an ku sê aangevoer dat diere regte het wat voortspruit uit hulle bestaan en dat hulle wetlike beskerming verdien. Die minister ontken dit. In sy beëdigde verklaring se hy dat diere nie sulke regte het nie. Hy het bygevoeg dat wilde diere in nood en in nood van versorging, en mak wilde diere, wat nie op hul eie in die natuur kan oorleef nie, moet gelaat word om te sterf of van kant gemaak word omdat daar geen bewaringswaarde aan hulle is nie.