LEAP toon groot sukses in misdaadbekamping in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse regering sê misdaadstatistiek het getoon die Wetstoepassings-bevorderingsplan, LEAP, verminder steeds geweldsmisdade. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagen Allen, glo die syfers bewys dat die misdaadbekampings-vennootskap positiewe vordering en ‘n verskil in die lewens van inwoners maak. In die gebiede waar LEAP-beamptes gestasioneer is, het die misdaadsyfers afgeneem. Allen merk ook daar is ‘n afname in kontakmisdade in Kaapstadse gebiede soos Gugulethu en Khayelitsha: