Rentekoers in SA: Verbruikers moet versigtig geld uitgee

Ontleders het hul kommer uitgespreek oor die uitwerking wat ‘n moontlike rentekoersverhoging op Suid-Afrikaanse verbruikers sal hê. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee kondig die rentekoers vandag aan, met die terugkoopkoers wat na verwagting met 75-basispunte sal styg. Zandile Makhoba van Liberty sê die verhoging sal verbruikers onder verdere druk plaas. Sy het verbruikers aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle geld uitgee: