Mynwerkersunie ondersteun ook Kubane

Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hy gaan Sondag aansluit by die ANC, SAKP en Cosatu se motorkonvooi in Pretoria ter ondersteuning van Kuba se teenkanting teen Amerika se voortgaande ekonomiese, handels- en finansiële boikot. Die Mynwerkersunie sê die verbod het groot ekonomiese en handelsprobleme geskep en is ‘n wrede beleid wat die hele Kubaanse bevolking laat swaarkry. Die betogers sal by die Amerikaanse ambassade ‘n klagskrif aan die ambassadeur oorhandig sal word.