China ent byna 1 miljard burgers in

China het byna een miljard van sy bevolking van 1,4 miljard teen Covid-19 ingeënt teen ‘n koers wat geen ander land nog kon behaal nie. Die syfer is byna 40 persent van die 2,5 miljard inentings wat wêreldwyd toegedien is en drie keer so veel as wat Amerika kon bereik. Data van China se nasionale gesondheidskommissie toon dat daar die afgelope maand meer as 500 miljoen inentings toegedien is.