Mynbou en landbou kan saamwerk vir volhoubaarheid van myndorpe

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die verband tussen landbou en mynbou wat die oplossing is om werksgeleenthede te behou. Volgens Agri Enterprises in Suid-Afrika is daar ‘n verband tussen hierdie twee bedrywe en kan dit vir volhoubaarheid sorg. Die mynbou is die ruggraat van baie stede en dorpe. Volhoubaarheid in hierdie plekke word geraak wanneer mynbedrywighede afneem. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, die bekende Unam-ekonoom, het sy reaksie in die Namibiese konteks so verwoord.