Parys-aanval: ‘Ek is ‘n ISIS-soldaat’

Een van die 20 mans wat aangekla word van die terreuraanvalle ses jaar gelede in Parys, het gister erken hy is ‘n soldaat van die militante groep Islamitiese Staat, toe die verhoor in die Franse hoofstad begin het. Daar is 130 mense dood en honderde gewond toe die groep op 13 November 2015 op die Bataclan-musiekteater, die nasionale sokkerstadion, restaurante en ander lokale toegeslaan het. Die 31-jarige Salah Abdeslam is glo die enigste oorlewende aanvaller. Hy verskyn saam met 13 ander beskuldigdes in ‘n spesiaal vervaardigde hofsaal. Die ander ses word in absentia verhoor.