Mona Lisa in Louvre-museum met koek bestook

Die Mona Lisa glimlag steeds geheimsinnig en is skynbaar onversteurd nadat sy met koek aangeval is in die Louvre-museum in Parys. ‘n Man het hom glo as ‘n ou vrou in ‘n rolstoel vermom in ‘n poging om naby aan Leonardo da Vinci se Italiaanse Renaissance-skildery te kom. Die Mona Lisa word beskou as die bekendste kunswerk ter wêreld. Hy het eers die koeëlvaste glaskas probeer stukkend slaan en dit toe met koek besmeer terwyl hy rose rondgegooi het. Sekuriteitswagte het die man weggelei en hom aan die Franse polisie oorhandig.