Plaaslike produsent verwelkom beleggings in akkerbou

‘n Plaaslike groenteboer stem saam dat daar beleggingsgeleenthede in Namibië is om die plaaslike produksie van vrugte, aartappels, koring en mielies vir die plaaslike en uitvoermark te verhoog. Emilie Abraham, bestuurder van tuinbou van die Namibiese Akkerbouraad het aan potensiële beleggers in Davos, Switserland, by die Wêreld Ekonomiese Forum gesê Namibië is ‘n netto invoerder van akkerbou-produkte, wat ongeveer 96 persent van vrugte en koring en 65 persent van aartappels invoer. Sy het ‘n beroep op die potensiële beleggers gedoen om aan boord te kom en die geleentheid aan te gryp om die plaaslike produksie van sekere vrugte, aartappels, koring en mielies te verhoog en uiteindelik werk vir die gemeenskap te skep. ‘n Plaaslike groente-produsent in die Oshikoto-streek, Ileni Nandjato sê aan Kosmos 94.1 Nuus buitelandse beleggers is nodig mits plaaslike produsente voorbereid moet wees om eendag oor te neem…