Sentrum waarsku teen Covid-terugslag na Paxlovid geneem is

Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming, waarsku teen ‘n moontlike Covid-terugslag na ‘n vyfdaagse kursus van die viruswerende pil Paxlovid. Die getal daaglikse gevalle in Amerika is meer as vyf keer hoër as in dieselfde tyd verlede jaar. Paxlovid, wat in Desember goedgekeur is, word voorgeskryf in ‘n poging om hoërisiko pasiënte uit die hospitaal te hou. Die direkteur van die sentrum, Rochelle Walensky, sê die voordele van Paxlovid is veel meer as die risiko’s.