Moeilike tye lê voor vir Namibiese boere

Beide Namibiese vee- en saaiboere is op hierdie stadium baie bekommerd oor die reënval-situasie in die land. Tradisioneel sou boere in die noordelike deel van die land, sowel as mielieboere regoor die land, hulself gereed maak vir die oesseisoen. Soos dit nou lyk, is boere op hierdie stadium nie seker of hulle vir die oesseisoen moet voorberei of nie, want hul gewasse lyk baie sleg. Landboukundige Wallie Roux sê probleme lê voor vir vee- en saaiboere.