Borgaansoek vir Amushelelo-hulle vanmiddag aangehoor

Die borgaansoek van die twee aktiviste en NEFF-lede, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma sal volgens wat berig word om twee-uur vanmiddag in die laerhof in Katutura aangehoor word. Die twee is sedert 21 Maart agter tralies na hulle op 23 Maart borg geweier is. Inna Hengari, die PDM se parlementslid, wat in hegtenis geneem is toe sy by die polisiestasie na die arrestasie van die ander twee opgedaag het, is vrygelaat op 5 000 Namibiese dollar se borg. Die drie moet klagtes wat verband hou met die minagting van ‘n hofbevel en ander in verband met openbare byeenkomste, verdedig.