Pakistanse parlement stem Imran Kahn uit

Imran Khan is as eerste minister van Pakistan uitgestem na hy ‘n mosie van wantroue in die parlement verloor het. Die voormalige krieketspeler het probeer om die mosie te keer deur die parlement te ontbind, maar Pakistan se hoogste hof het beslis die poging is ongrondwetlik. Opposisiepartye het daarin geslaag om 174 stemme in die parlement van 342 lede ter ondersteuning van die wantroue-mosie te behaal, wat dit die meerderheidstem gemaak het.